Welkom by Viam Dei Aanlyn

Viam Dei is die spiritualiteitsbediening van die Ooskerk. Dit sluit in die Viam Dei kursus & program, Retreats en die Laudate diens in.

Viam Dei is ‘n intensiewe geloofsgroei en spiritualiteitsontwikkelingsprogram wat ingebed is in die hart van die Evangelie van Jesus Christus, waarvan Jaar 1 die eerste been is. Soos die res van die program is Jaar 1 ingebed binne die kontemplatiewe teologie. Ons fokus onder andere op spirituele bewuswording (leer om God te sien in alles in my lewe), geestelike groei (leer om my verhouding met God uit te leef tussen ander en in die wêreld waar ek elke dag leef) en innerlike transformasie (leer die diep dimensies van myself ken en sien hoe God my gemaak het en wil transformeer om al meer sy mens te wees.) Ons beoefen bogenoemde aan die hand van spesifieke kontemplatiewe praktyke en geloofsdissiplines.